Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,194 Episodes
1520 – 1540

Maak jou huis warm terwyl jy kripto myn

Carel de Jager, groepleier by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) gesels oor 'n stelsel wat jou huis warm maak terwyl jy kripto myn.
8 Jan 2025 12PM 7 min

Tesourie-plan kan belasting op effektetrust-winste verhoog

Diegene wat in 'n kollektiewe beleggingskema belê, moet kennis neem van die jongste voorgestelde belastingveranderinge wat hierdie skemas betref. Dr. Albertus Marais, direkteur van AJM Tax, verduidelik wat hierdie voorstelle behels
8 Jan 2025 12PM 9 min

Tencent trek die JSE af

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth gesels oor Tencent, Sasol se aandeelprys, en die platinumprys.
7 Jan 2025 12PM 14 min

Skoolfooie styg met meer as dubbeld die inflasiekoers

'n Peiling deur News24 bevind dat skoolfooie met meer as dubbeld die inflasiekoers sal styg. Riaan van der Bergh, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suider-Afrika (Fedsas), gesels oor skole wat moontlik meer stewige kwytskelding aan ouers kan toestaan.
6 Jan 2025 12PM 10 min

Die private sektor glimlag oor nuwe tariewe om Transnet se spoorlyne te gebruik

Die publikasie van die netwerkverklaring is verlede maand vrygestel. Prof. Jan Havenga, emeritus professor in bedryfsingeneurswese aan die Universiteit van Stellenbosch en logistieke raadgewer vir die regering en die Wêreldbank, verduidelik hoe die tariewe vir private operateurs bereken sal word, en gesels oor die vooruitsigte.
6 Jan 2025 12PM 9 min

Markoorsig

Nerina Visser, ETF strateeg en adviseur by etfSA gesels oor die plaaslike beurs in 2024, en kommoditeitspryse.
6 Jan 2025 12PM 12 min
1520 – 1540