Onderhoude

Die beste onderhoude wat deur die dag op Tygerberg 104fm gevoer is. Ons fokus op hartstories en die mens agter die titel.
Weekly English South Africa TV & Film
244 Episodes
232 – 244

CHOC ONDERHOUD - JUAN

Die 18-maande oue seuntjie van Graaff Reinet is vroeg in sy lewe met nier-kanker gediagnoseer. Sy ma, wat `n onderwysstudent is, moes vir eers haar studies staak om vir hom te kan bystaan, waar hulle in die Plumstead CHOC huis, gehuisves word. • Juan is ‘n 18-maande oue seuntjie van…
21 Jul 2015 3 min

CHOC ONDERHOUD - GARTH

`n Jong seun, Garth is al op die ouderdom van 10 met breinkanker gediagnoseer toe daar `n gewas op sy brein gevind is. Hy moes hierna vir `n noodoperasie gaan. Die Choc huis in Plumstead het die gesin van George gehuisves. • Garth is 13 jaar oud en kom van…
20 Jul 2015 3 min

Zizipho Pae, UK studenteleier, staan by haar uitspraak oor gay-huwelike

”n Student aan die Universiteit van Kaapstad sê sy gaan nie haar stelling op Facebook terugtrek, wat sy gemaak het, nadat die Amerikaanse hof, gelas het, dat gay-huwelike in al die state, gewettig word nie. ‘n Lid van die studenteraad, aan die universiteit, Zizipho Pae is uit die raad geskors,…
8 Jul 2015 7 min

Neville D (Oggendrooi Ritme)

Die Kaapse gospel sensasie, Neville D, het op Dinsdagoggend 30 Junie, eksklusief sy splinternuwe gospelsnit “Our God is bigger” op Tygerberg 104fm bekend gestel. Rouchelle Liedemann gesels hier met Neville in die program Oggendrooi Ritme oor die lied asook ander opwindende tye in sy sangloopbaan.
30 Jun 2015 15 min

Henry Pike (Kraakvars Klanke)

Henry Pike, wenner van Tygerberg 104fm se Gospel Talent Search 2014, het Saterdag 27 Junie ‘n verdere twee splinternuwe gospel liedjies – “Ek is altyd daar” en “This is Amazing Grace” - op die luggolwe van Tygerberg 104fm geloods. Aanbieder Ettienne Smith gesels met Henry in die program Kraakvars Klanke…
27 Jun 2015 27 min

Julani J (Kaapse Klanke)

Aanbieder Ettienne Smith gesels in die program Kaapse Klanke met plaaslike gospel sanger en tiener sensasie Julani J (16) oor haar splinternuwe CD “Spirit Breakout” wat middel Augustus amptelik bekend gestel word.
26 Jun 2015 28 min

Alister Coetzee

Alister Coetzee se laaste onderhoud in Suid Afrika. Hy praat oor sy tyd by WP, Sy verhouding met die Here en met die spelers wat hy afgerig het.
25 Jun 2015 21 min

Brandon Heath

Een van die gewildste Amerikaanse gospel sangers met 'n hart van goud en 'n passie vir die Here. Ons praat oor sy grootword jare en jongste album.
25 Jun 2015 7 min

Tree 63

Tree 63 is 'n Suid Afrikaanse rockgroep wat internasionaal naam gemaak het. Vir meer as 10 jaar maak hulle die naam van die Here groot met goeie musiek. Ons praat met hulle oor hulle jongste CD en wat die toekoms vir hulle inhou.
25 Jun 2015 10 min

Michael W Smith

As deel van sy Suid Afrikaanse toer in Mei 2015 het Michael W Smith 'n draai gemaak by Tygerberg 104FM se ateljees. Hy praat oor sy familie, musiek en liefde vir Die Here.
24 Jun 2015 15 min

Elvis Blue

Elvis Blue gesels oor die bekendstelling van sy nuutste Afrikaanse album, Êrens in die middel van nêrens. Ons praat ook met hom oor pa wees en sy drome vir die toekoms.
24 Jun 2015 16 min

Henry Pike

Henry Pike, Tygerberg 104fm se Gospel Talent Search 2014 wenner, praat oor die werk aan sy nuwe album en die bekendstelling van sy eerste gospel enkelsnit, Promised Land.
24 Jun 2015 10 min
232 – 244