Met die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal, word daar kommer uitgespreek oor die impak van die siekte op die veesektor. PD Cilliers, voorsitter van die dieregesondheidsforum van die Vrystaatse RPO, het met OFM gesels oor die omvang van die uitbreking en die maatreëls wat getref moet word om verdere verspreiding…
Johan Gunter gesels op Vrydae skaapsake met OVK. John Melville vertel meer oor ramme wat aangekoop is en die voorbereiding van voiding, en Dawie Killian het die jongste nuus vanaf die wolmark.
Mielieprodusente op die Hoëveld het tot onlangs min aandag aan grysblaarvlek geskenk, aangesien die siekte meestal in KwaZulu-Natal en die Laeveld voorkom. Hierdie situasie is egter besig om vinnig te verander. Grysbaalvlek is ook reeds in Noordwes, die Vrystaat, en selfs in besproeiingsmielies in die Noord-Kaap en Limpopo waargeneem, afhangend…
Graan SA hou vandeesweek hul jaarlikse kongres, 'n hoogtepunt op die landboukalender in Sentraal-Suid-Afrika. Tobias Doyer, die hoof uitvoerende beampte van Graan SA, sê die kongres bied 'n platform om belangrike kwessies in die graanbedryf te bespreek en strategieë vir volhoubare groei te ontwikkel.
“Ons het moeilike tye saam met boere beleef – van droogtes tot uiterste haelstorms – maar ons het deurgedruk en kon steeds ’n betroubare diens lewer,” vertel Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker, oor die maatskappy se tienjarige reis in die landbousektor. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met hom gesels.
Johan Gunter het die onlangse suiwelkompetisie, wat deel van Bloemskou is, bygewoon. Dit is die tweede grootste suiwelprodukskou in die land wat vanjaar ’n rekord getal van 408 inskrywings vanaf 21 vervaardigers van regoor die land ontvang het…
Johan Gunter gesels op Vrydae skaapsake met OVK. John Melville vertel meer oor die wol van lammers en dragtige ooie en Zinanda Geyer het die jongste nuus vanaf die wolmark.
Die Noordwes Agri-Hub op die Mahikeng-kampus van die Noordwes Universiteit, wat saam met die provinsiale landboudepartement bedryf word, beoog om produktiwiteit verhoog en 'n meer mededingende landbousektor in die provinsie vestig. NWU woordvoerder, Oscar Mosiane, het aan OFM nuus se Kekeletso Mosebetsi vertel die ‘hub’ sal aanvanklik op drie sleutelkommoditeite…
By die bekendstelling van die Noordwes Agri-Hub, het Dr. Obakeng Mfikwe van KMF Farm Holdings, wat meer as ‘n dekade gelede sy stetoskoop opgehang het om ‘n beesboer by Lichtenburg te word, het boere moed ingepraat en gevra hulle moet die fasiliteite ten volle benut…
Johan Gunter gesels met dr. Frikkie Mare, HUB van die RPO, en Louis Wessels voorsitter van die nasionale veediefstal voorkomingsforum oor die nuwe Earth Ranger stelsel en die groot tree vorentoe vir veediefstalaanmelding.
Suid-Afrika se landbou-uitvoer het in 2024 ’n nuwe rekord van US$13,7 miljard bereik, ’n toename van 3% teenoor die vorige jaar, volgens data van Trade Map. Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, meen hierdie groei is ten spyte van die midsomerdroogte wat graan- en oliesaadproduksie geraak het.
4 Mar 10PM
5 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.