Ons verken die ontwikkelende tendense en ekonomiese impak binne die Suid-Afrikaanse wynbedryf. OFM Agri se Robyn Schutte het met Peter Pentz, kommunikasiebestuuder van De Groote Post kelder gepraat oor huidige tendense en die rol wat die bedryf speel in werkskepping en bevordering van agri-toerisme…
Daar heers toenemende kommer oor die groot getalle misdadigers wat op geplante lande toeslaan. In sekere gevalle is daar bussies wat groepe van tussen agt en 15 persone aflaai en dan weer kom oplaai. Volgens Rudi Jansen van Vuuren, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou in die Allanridge en Odendaalsrus gebied, word…
In vanoggend se Platteland Hoop insetsel hoor ons van Johan Aucamp oor die Bothaville-Kgotsong-voedingskema. Hy het raad oor hoe om ‘n sopkombuis te bestuur by die olangse Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres, wat deur Landbou Weekblad en Senwes aangebied is, gedeel.
Ons fokus op van die suksestories in Sentraal Suid-Afrika wat weer hoop op die platteland te bring. Hierdie stories is gedeel by die onlangse Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres wat deur Landbou Weekblad en Senwes aangebied is. Vandag hoor ons van André van Pletzen van Ignite and Revive Kroonstad,…
Gemeenskappe moet saamwerk en voorkomend optree om misdaad te bekamp, want om reaktief op te tree kan ‘n mens duur te staan kom. Tydens een van die sogenaamde ‘kopskuif’ paneelbesprekings by Sakeliga se Kragdag op Malmesbury het TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl, Prokureur Daniel Eloff en aktivis Ian Cameron…
Ons gaan voort met ons reeks oor Sentraal Suid-Afrikaanse planmakers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland hul suksesverhale gedeel het. Vandag hoor ons van Braam Celliers oor die Mooi Parys inisiatief…
Bloemskou se landbouprogram bars behoorlik vanjaar uit sy nate. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger het met hoof-uitvoerende beampte Elmarie Prinsloo gesels om meer uit te vind wat besoekers kan verwag…
Die wysigings aan die Diereverbeteringswet het ontstaan uit die behoefte van die Departement van Landbou om ‘n databasis van ingevoerde diere op te bou.
Ons gaan voort met ons reeks oor stories van hoop op die platteland. By die onlangse Oplossings vir die Suid-Afrikaanse platteland kongres, wat deur Landbou Weekblad en Senwes aangebied is, het Gert Kruger van konsultasiegroep Augos vertel hoe, Clarens daarin geslaag het om deur saam te werk te sorg dat…
Sparta Beef het ‘n opwindende kompetisie vir beesboere van stapel gestuur. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met hoof-uitvoerende beampte, Estelle van Reenen.
’n Onlangse hofuitspraak het lig gewerp op belangrike kwessies rondom grondeienaarskap en besetterregte in Suid-Afrika. Die saak, tussen die Moladora Trust en die Mereki kinders van Noordwes verstig weer aandag op die verleen van toestemming en die uitoefening van regte op plaaseiendom.
Die jaarlikse skeer- en wolklaskompetisie is weer onlangs aangebied deur Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg. Johan Gunter het met twee van die graad 12 leerders gesels wat deelgeneem het, Schalk van Niekerk en Genevieve Cola. 35 leerders het deelgeneem in die BKB kompleks op Bloemskou se gronde.
Ons sluit hierdie week se terugblik op suksesstories wat by die Oplossings vir Suid-Afrika se Platteland kongres gedeel is, af met raad vanaf Sakeliga, die organisasie wat baie gemeenskappe help in die regsafdeling om hul projekte van die grond af te kry. Piet le Roux meen plaaslike sakekamers speel ’n…
’n Plaaslike boer Hans Pretorius en sy vennoot Johnny Mokoena dryf Mafube First, wat hulle beskryf as “’n swart inisiatief met wit steun”. Die twee meen ook om werklik ’n verskil in jou gemeenskap te sien is om almal wat ook keelvol vir swak dienslewering is te betrek en saam…
Veepryse in Suid-Afrika ervaar tans ‘n uitdagende tydperk, met dalende pryse wat produsente onder druk plaas. Hierdie situasie het veroorsaak dat daar wydverspreide spekulasie en beskuldigings is teenoor Namibië as ‘n oorsaak van hierdie prysdruk. Daar word dikwels gekyk na die invoer van lewende diere vanuit Namibië as ‘n moontlike…
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
3 Apr 4AM
4 min
44 – 64
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.