Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die afgelope seisoen in die Noord-Kaap was hoogs uitsonderlik. Goeie winterreën het aanvanklik oor sommige noordelike dele uitgesak, gevolg deur ’n buitengewoon warm somer. Hy waarsku egter onsekerheid bestaan nog oor die langtermynvooruitsigte.
Chris van Beljon, stigter van die droogtehulporganisasie Bring Hoop, gesels met OFM se Elsabé Richard-May oor die uitdagings waarmee die organisasie tans te kampe het. Hulle bespreek ook hoe die publiek betrokke kan raak om boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.
Agri Noord-Kaap werk saam met die landboudepartement en ander rolspelers om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit. Elsabe Richard-May gesels met Dirk Krapohl, uitvoerende hoof van Agri Noord-Kaap oor die uitdagings van die Noord-Kaap boere.
Isabel van Tonder berig oor 'n skadevergoeding-eis teen Eskom wat al drie keer in die hof bloedneus gekry het, ten gunste van die boere en boerderye, wat die eise ingestel het.
Boere se gemoedstoestand is tans onder druk as gevolg van ekonomiese druk en klimaatstoestande. Isabel van Tonder gesels met Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, oor boere se welstand en ingesteldheid.
In deel 2 van die gesprek oor Brusellose gesels Isabel van Tonder verder met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, oor die stappe wat 'n boer moet neem na diagnose van die siekte en die wetlike vereistes wat gestel word.
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
More than 14 million people go to bed hungry every night. Isabel van Tonder finds out more about the connection between land, people and the will to produce.
Die Brangus beesras word beskryf as sterk, aanpasbaar, gehard, produktief en betroubaar, om net 'n paar eienskappe te noem. Isabel van Tonder gesels met 'n bekende Brangus boer oor die besondere ras.
Isabel van Tonder gesels met 'n pluimveeboer in Bloemfontein oor die voordele daavan as kinders met 'n klein hoenderboerdery begin van jongs af, en die uitdagings wat hulle in gedagte moet hou.
Die appel handelsmerk Flash Gala se reikwydte is alreeds meer as 100 miljoen mense per jaar, wat die appel as 'n premium appelhandelsmerk vestig, ook in internasionale markte. Isabel van Tonder gesels met Conrad Fick, Bemarkingsbestuurder van Tru-Cape Marketing,oor die rooi appels.
30 Mar 11PM
5 min
12 – 32
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.