Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
17

Leon van Nierop – Plesierengel

Die bekende radio-, televisie - en romanskrywer Leon van Nierop gesels oor sy gewaagde nuwe roman – ’n aangepaste weergawe van sy 1998-blitsverkoper. Dié slag word die verhaal kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur... Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie. Leon, skrywer van die radiovervolgverhaal en rolprent Wolwedans in die skemer, is ook bekend as rolprentresensent.
19

Die oorlog kom huis toe – drie kenners van die geskiedenis in gesprek

Fransjohan Pretorius praat met die redakteurs en historici Bill Nasson en Albert Grundlingh oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en hoe hul boek vars perspektiewe bied op wat as ’n bekende verhaal beskou word.
Dit ondersoek die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te ondersteun.
20

Joernaliste pleeg moord

Elmari Rautenbach praat met die joernaliste Ilza Roggeband en Irma Venter, en oudjoernalis Rudie van Rensburg, oor die boeiende misdaadfiksie wat hulle pleeg, die uitdagings wat die genre bied, en die oorgang van joernalistiek na romanskryf. Roggeband en Van Rensburg se debuutromans,
Noot vir dood en Slagyster , en Venter se tweede misdaadroman, Skrapnel , het laasjaar verskyn.
21

Abraham Phillips – Die hart van ’n ma

Willemien Brümmer praat met Abraham Phillips oor sy ontroerende en aktuele roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself, en sy stryd om geregtigheid. Die roman vertel die storie van ’n arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting saai en drie ma’s desperaat laat vra: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Phillips is ook die skrywer van die opsienbarende Die verdwaalde land en Die evangelis van Kaggelsberg
22

Hans du Plessis - As die wind kom draai

Die geliefde skrywer Hans du Plessis gesels met Bart de Graaff oor sy nuwe historiese roman. In As die wind kom draai loop Du Plessis op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet en bring ’n verhaal wat soos ’n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
23

Wilna Adriaanse: Dubbelspel

Hulle is almal in die land, van die Chinese triades tot die Russiese mafia.
En geld is die enigste God wat aanbid word. Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie. Wilna Adriaanse gesels met Madri Victor oor haar nuutste roman.

19 episodes

« Back 13—19 More »