Tygerberg 104FM

SOUTH AFRICA | WEBSITE | FACEBOOK | TWITTER
© TYGERBERG 104FM TYGERBERG 104FM is ‘n platform en die geleentheid om hoop te BRING aan die hopelose en ‘n STEM te gee aan die verdrukte. TYGERBERG 104FM. Ons lééf Christus!

BONANZA UITBLINKERS

58 EPISODES |  Podcast, ±16 min episode every 1 week, 5 days
Celebrating and showcasing outstanding South Africans and other individuals who have made great strides in music & the arts , sport or outstanding acts of goodwill towards their communities, or all of humanity / Ons fier uitstaande Suid-Afrikaners en ander individue wie groot vordering in musiek & die kunste , sport, of dade van welwillendheid teenoor hulle gemeenskappe- of die mensdom gemaak het.

PAARL INTERSKOLE 2017

17 EPISODES |  Podcast, ±6 min episode every 7 hours
Die 102de Paarl Interskole, die grootste interskole wedstryd ter wêreld, is op Saterdag 5 Augustus in die Faurestraat stadion in die Paarl beslis. Paarl Boishaai het vir die derde jaar agtereenvolgens die beker gelig teen Paarl Gimnasium, en het sodoende hul onoorwonne status van die afgelope drie jaar behou. Die eindtelling was 18-13 met Boishaai wat drie drieë teenoor Gim se een gedruk het. Luister gerus na die onderhoude wat Tygerberg 104fm met die skoolhoofde, afrigters, eerstespan kapteins en dirigente vooraf en op die dag gevoer het.

STAAN OP VIR DIE KAMPIOENE MET TYGERVALLEI EN 104FM

17 EPISODES |  Podcast, ±9 min episode every 5 hours
Met die winterkoue breek jou hart vir diegene in nood, maar jy weet dat geld gee vir die behoeftiges op straat of by die deur nie die antwoord is nie.
Daarom het Tygerberg 104fm en Tygervallei Winkelsentrum kragte saamgesnoer om dit vir jou maklik te maak om op ‘n verantwoordelike manier die nood in die Wes-Kaap te help verlig.
Ons het bykans 20 gemeenskapsorganisasies geïdentifiseer en hulle KAMPIOENE gedoop, omdat hulle reeds op verskillende terreine ‘n groot impak maak in die noodverligting van gemeenskappe in die Kaap.

7 DAE VAN GEBED VIR HERLEWING

7 EPISODES |  Podcast, ±1 min episode every 20 hours
Tygerberg 104fm, in samewerking met Jerigo Mure, SA Pray en ander gebedsnetwerke, roep alle gelowiges op om vir 7 dae – van Maandag 29 Mei tot Sondag 4 Junie – saam met ons te bid dat die karakter van Jesus sigbaar sal word in alle sfere van die samelewing in Suid-Afrika.

48 channels

« Back 37—48 More »