100.5FM Radio Laeveld — Hierdie onderhoude met akteurs en deelnemers aan Sade Van Genade, die 100.5FM radiovervolgverhaal is in die week voor die bekendstelling daarvan uitgesaai en hier gesels Roelf Van Jaarsveld met die hoofrolspelers Kirtsen Raath en Ron Olivier.
100.5FM Radio Laeveld — 'n Nuwe radio vervolgverhaal-drama, gebaseer op die boek "Those Miraculous Sunflower Seeds', die verhaal van Katja Kowalec wat strek oor 'n periode van 80 jaar vandat die Nazi's Pole op 1 Sept 1939 tydens die Tweede Wêreld Oorlog beset het. 'n #TrotsLaeveld 100.5FM Radio Laeveld produksie…
100.5FM Radio Laeveld — Die belangrikheid van STOP - saam met dr Melodie de Jager: Dis die moeg tyd van die jaar en almal verlang na 'n rustyd...maar om te STOP beteken nie dat jy vir 'n week lank moet see toe gaan nie. Dit neem 'n oomblik en dit…
100.5FM Radio Laeveld — Tussen 15 en 20 % van graad 1's moet die graad herhaal. Slegs 78% van ons matrieks slaag. Die "No Repeat Policy" wil verhoed dat leerders teruggehou word voor graad 4: of hulle nou die leervaardighede van die graad bemeester het of nie... Dr Melodie de…
100.5FM Radio Laeveld — Mens hoef nog nie lank 'n ouer te wees om te besef daar word baie meer aan jou geskaaf as wat jy aan jou kinders skaaf nie... Vir gesonde dissipline, moet jyself ook gesond wees. Timothy en Janet Kieswetter gesels met my oor die betekenis en…
100.5FM Radio Laeveld — Tieners is so tussen-in: die kinderskoene druk en die grootmensskoene is nog te groot... Hier is praktiese raad oor verhouding bou, konflik hantering, seks gesprekke, ensovoorts.
100.5FM Radio Laeveld — Is jy voorbereid om jou kind se vrae oor seks en seksualiteit te beantwoord? Mnr Seks, Timothy Kieswetter, is in die huis om ons te help. Janet, sy vrou, kuier ook saam en ons gesels reguit.
100.5FM Radio Laeveld — Meeste ouers wens hulle kan hulle kinders 100% beskerm teen alles wat hulle kan seermaak. Is jy dalk oorbeskermend? En doen jy jou kind 'n guns? Sanett gesels met Timothy Kieswetter oor die "porseleinpop sindroom".
100.5FM Radio Laeveld — Ons gesels oor die eerste belangrike boublokkies vir 'n gesonde seksualiteit. Timothy Kieswetter is bekend as 'n Bybel en Seksualiteit kenner. Lees gerus meer oor hom en sy vrou, Janet by: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/oor-ons
100.5FM Radio Laeveld — Kuier saam in die Kieswetter Klaskamer! Vandag gesels ons oor praktiese vrae rondom die uitvoer van tuisskoling. Hoe doen sy dit met 5 jong kinders?
100.5FM Radio Laeveld — Ons takel praktiese vrae soos: is tuisskoling wettig, watter kurrikulum kies jy, watter onderrigstyl gebruik jy? Janet deel uit haar eie ervaring.
100.5FM Radio Laeveld — Al ooit gedink hoe belangrik dit is om te kruip voor jy kan loop? Hoeveel spiere dink jy neem dit om een tree te kan kruip? Hierdie en meer antwoorde op vandag se program met Dr. Melodie de Jager van BabyGym SA. www.babygym.co.za
100.5FM Radio Laeveld — 'n Mylpaal wat bereik word, getuig altyd van ontwikkeling wat reeds in die brein plaasgevind het. Vandag leer ons hoe om sit deur middel van beweging te ontwikkel. www.babygym.co.za
100.5FM Radio Laeveld — Rol en die belangrikheid daarvan vir graad 12 Wiskunde. Kan 'n mylpaal so verrykend wees? Dr Melodie de Jager vertel waarom rol so belangrike vaardigheid is. www.babygym.co.za
100.5FM Radio Laeveld — Baie babas protesteer vreeslik as hulle magietyd moet doen, maar sterk nekspiere is belangrik vir goeie kopbeheer en goeie kopbeheer is weer belangrik vir elke volgende mylpaal. Luister saam vir veel meer in vandag se episode op 100.5FM met Sanett en Dr Melodie de Jager van…
100.5FM Radio Laeveld — Het jy geweet dat soog baba se heel eerste motoriese mylpaal is? Soog, sterk mondspiere en 'n bewustheid van die mond is belangrik vir veel meer as net voeding. Baby Gym South Africa
19 Jan 2019
15 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.