Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Basson vertel hoe skof 3 gister verloop het. Luister weer hier.
'n Groep plaaslike tieners met drome om die musiekwêreld te betree, het hul moue opgerol en self 'n konsert gereël. Berno Venter, Neelsie van Dyk, Michelle de Lange, Juvan Sewenster en Reney Wessels is Vrydagaand in die Sudwalagrotte te sien in "Venter en vriende". Berno gesels met Ludi en Mireille…
Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen. Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen. Dit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het. Afrigter Jimmy Stonehouse…
2022 het afgeskop met 'n 14-jarige wat in haar been geskiet is terwyl sy saam met haar ma en jonger boetie op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin. Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat. Linda Grimbeek…
Vir baie mense is die feestyd stresvol en eensaam. Wat kan jy doen om jouself of ander te help? Annriette Slabber van Lifeline Nelspruit gesels met Ludi en Mireille.
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, waarsku tydens haar feestydboodskap motoriste dat wetstoepassers enige oortreders op die paaie in Mpumalanga nie ongestraf sal laat nie.
Frank Swanepoel van Hi-Tech Nelspruit kuier in die ateljee saam met Charles en gesels oor die nuwe voertuig wat geskenk is waarmee hulle voortaan die N4 sal patrolleer om reisigers veiliger te hou.
Politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie, sê dr. Mathews Phosa. Hy was een van die uitgelese sprekers by die onthulling van ‘n bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, gister by die Mpumalanga Hooggeregshof…
‘n Bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, is gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela onthul. Bernard Ngoepe, afgetrede regterpresident van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, sowel as dr. Mathews Phosa was van die sprekers. Legodi tree volgende jaar, op 69-jarige ouderdom en na 20…
Malaria kom voor in die Laeveld, en is lewensgevaarlik as dit nie spoedig behandel word nie. Dr. Stephan Smith van Nelspruit Health & Travel-kliniek beantwoord al ons vrae oor die siekte.
Die feestyd het met 1 Desember amptelik aangebreek en daarmee saam is meer mense op reis, en dalk meer geneig om onverantwoordelik op te tree. Solange Soares van TRAC N4 gesels met Charles oor padveiligheid op die N4 hierdie feestyd. #Hoe nou gemaak?
Indiese spreeus, 'n indringerspesie, het baie goed aangepas om in stedelike omgewings te floreer. Hulle het 'n baie swak reputasie en is allermins geliefd. Tog sê dr. Garth Batchelor hul reputasie is 'n bietjie onverdiend. Hy gesels met Ludi en Mireille.
We Care 4 Nelspruit werk hard om die dorp skoner, veiliger en mooier te maak. Die afgelope drie dae het hulle die hele area rondom die Boschstraat-glybaan skoongesny en rommel opgetel dat dit amper onherkenbaar is. TJ Maré vertel van hul suksesse en planne vorentoe.
Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Vrydag afgeskop. LifeLine Nelspruit hou Maandag 'n bewusmakingsgeleentheid daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela. Jessica Prim en Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, het met Ludi en Mireille gesels oor die verskillende vorms van geweld tussen…
Groot skade is in veral Hazyview aangerig deur storms verlede week. Die provinsiale regering het vinnig reageer en 'n provinsiale ramp afgekondig. Jacques Benade, hoof van rampbestuur in Mpumalanga, gesels met Ludi en Mireille.
Die Barberton Gemeenskapsforum snoer toerisme, die plaaslike polisiëringsforum, belastingbetalers en georganiseerde sake saam onder een vaandel om die dorp skoner, mooier en veiliger te maak. Hulle beplan ook om moontlik ‘n stadsverbeteringsdistrik te stig, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) vir Robin. Skakel elke Woensdag om 10:30 in vir…
Môre is nie net Swart Vrydag (en betaaldag) nie, maar ook #BokVrydag want die Springbokke speel Saterdag teen Engeland, die span wat hulle in die 2019 Wêreldbekereindstryd om die titel kon klop. Gerhardt waag sy voorspelling.
Die grootste gehekelde Kersboom in die land word eersdaags in Witrivier opgerig. Vanaf Saterdag 3 Desember sal die boom, van meer as 6 meter, by by Casterbridge te sien wees. Penny Bowden, ‘n ambassadeur vir 67 Blankets – for Nelson Mandela Day in Witrivier, sê meer as 1 000 vierkante…
McKenzi Meyer, ’n gr. 11-leerling aan Penryn College, is gekies as een van die top 100 “Matrics in Antarctica”. Dié kompetisie bied vyf Suid-Afrikaanse leerlinge die geleentheid om na Antarktika te reis, en meer te leer oor volhoubaarheid, bewaring en verskillende ekosisteme. Sy gesels met Ludi en Mireille oor hoekom…
22 Nov 2022
9 min
932 – 952
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.