100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,578 Episodes
40 – 60

Pasop vir "visvangers"

Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende "visvang"-metode wat diewe inspan om jou deur 'n oop venster van jou eiendom te verlos.
20 Aug 13 min

Plaaslike armdrukker hou aan seëvier

Janco Kok het in April sy titel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling.
20 Aug 11 min

Mahindra Bolero MaXX

Die Mahindra Bolero MaXX bied jou al die moontlike opsies vir enige industrie. Oscar Kolbe, direkteur en algemene bestuurder van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
19 Aug 12 min

Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê agt munisipale gebiede in die provinsie het begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met…
18 Aug 13 min

Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met 'n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hulle is tans drie punte agter die Cheetahs en vier punte agter die verdedigende kampioene en…
18 Aug 10 min

Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op

Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.
13 Aug 13 min

Mahindra: Stel veiligheid eerste

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.
12 Aug 11 min

Sien om na jou geestesgesondheid en winterwelstand

Dr. Zelda Retief, huisarts by Intercare Mbombela Mediese Sentrum in die Matumi-sentrum, spesialiseer in diabetes, hoë bloeddruk, skildkliertoestande, vrouegesondheid, geestesgesondheid en ondersteuning aan tieners.
6 Aug 14 min

Boer soek jong, tweede bruid: Wat sê die reg en Bybel?

Die Vrystaatse boer, adv. Gerrit Coetzee (58), se soeke na 'n jong, tweede bruid het die internet behoorlik aan die gons. Danie van Wyk van Neon Kerk en die regsgeleerde Monique Niebaber verduidelik vir Sonop Ontbyt wat die reg en die Bybel daaroor sê.
6 Aug 22 min
40 – 60