Voer-produksie kry knou weens leë Hardapdam

--:--
Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor hoe die beperking die produksie van voer sal affekteer.
26 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

BoN goewerneur, sakeman met N$1 miljoen beboet

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab, asook Ismael Gei-khoibeb en Gamma Investments, met 1 miljoen Namibiese dollar beboet weens die implementering van 'n samesmelting sonder goedkeuring. Dit is in terme van 'n skikkingsooreenkoms tussen die partye. Die partye het in 'n kommissie-ondersoek erken dat…
9 May 4AM 1 min

Nooddienste sukkel met strukturele uitdagings by George-gebou

Noodreddingspanne staar strukturele struikelblokke in die gesig in hulle reddingsoperasie, ná die ineenstoring van 'n gebou onder konstruksie in George. Die Universiteit Stellenbosch se hoof van Struktuur- en Brand-ingenieurswese, Richard Walls, sê hulle moet meer as drie-duisend-ton beton verwyder om vasgekeerde oorlewendes te bereik óf om slagoffers se liggame te…
9 May 4AM 1 min

Vaar op soos Christus: Pastoor Philander

Hemelvaartdag word vandag herdenk om Jesus Christus se hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Hemelvaartdag merk die einde van die Paasseisoen en vind tien dae voor Pinkster plaas. Plaaslike pastoor Brian…
9 May 2AM 1 min

Lae vlak van Zambezirivier wek kommer

Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele…
9 May 1AM 1 min

Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van…
9 May 1AM 1 min