Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

--:--
Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van drie minute twee laat doele aangeteken en Madrid ʼn plek in die eindstryd besorg. Hulle kom op die eerste van volgende maand in Londen teen Borussia Dortmund te staan. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti, was tevrede met die vertoning.
9 May 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verwysingshospitaal op Otji was verkiesingsfoefie

Die Otjozondjupa verwysingshospitaal was ‘n verkiesingsfoefie. Dit is die mening van die Independent Patriots for Change-party. Die konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese…
20 May 12AM 1 min

Malema belowe huise, toilette

Die EFF-leier Julius Malema het die perseel waar die gebou in George ingeengestort het besoek. Malema se besoek val saam met sy verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap. Hy het ondersteuners toegespreek in Stellenbosch, en hulle aangemoedig om die ANC uit te skop. Hy beloof om 'n korrupsievrye regering daar te stel…
19 May 11PM 1 min

El Niño noodsaak droogtehulp vir miljoene

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het die voedselsekuriteit beskerm van meer as 1,6 miljoen mense in 23 lande. Die senior nood- en rehabilitasiebeampte, Dunja Dujanovic, sê dit is moontlik gemaak deur voorkomende maatreëls teen uiterste weerstoestande. Die jongste El Niño is onder die sterkste op rekord, en…
19 May 11PM 1 min

Capricorn plaas weer visier op voedselvermorsing

Die Food Waste Challenge is 'n kompetisie wat deur die Capricorn-stigting geloods is om voedselvermorsing te verminder en werk te skep in Namibië. Voedselvermorsing is ‘n groot uitdaging met 2,5 miljard ton wat jaarliks weggegooi word terwyl miljoene honger ly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rikus Grobler, die bestuurder…
19 May 5AM 1 min