Winburg-konsentrasiekampbegrafplaas: Oorwinning vir erfenisbewaring

--:--
Die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat moet binne 60 dae 'n rehabilitasieplan saamstel om die bewaring van die Winburg-konsentrasiekampbegrafplaas te beskerm. Dit volg ná ‘n jarelange regstryd tussen die burgerregtegroep, AfriForum, drie belastingbetalers van Winburg en die Erfenisstigting weens die munisipaliteit se swak bestuur van die terrein. Die begraafplaas dateer uit die Anglo-Boereoorlog en bestaan uit gedenktekens, grafte en unieke grafstene van slagoffers wat in Winburg se konsentrasiekamp aangehou is, sowel as Britse soldate. Die munisipaliteit moet ingevolge die hofbevel ook die gestorte rommel in die omgewing opruim, die terrein en pad daarheen onderhou, asook toesien dat onwettige gruisgrawery in die omgewing gestaak word. Die senior bestuurder vir Erfenisbewaring, Cecilia Kruger, sê dit is ‘n oorwinning vir erfenisbewaring in Suid-Afrika.
30 May 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes