Bewerings oor Parys vigilantemoorde bloot spekulasie

--:--
Die Valke sê bewerings dat verskeie boere verklarings by die polisie afgelê het dat 'n plaasaanval op ’n boer van Parys, wat tot die dood van twee mans gelei het, nooit gebeur het nie, is bloot spekulasie. Hangwani Mulaudzi se komentaar volg ná berigte dat die beserings wat Loedie van der Westhuizen opgedoen het self toegedien is toe hy twee plaaswerkers wat agterstallige lone gesoek het met ’n besemstok van sy plaas probeer verjaag het. Die plaaswerkers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, is later deur 'n groep mans, meestal boere, doodgeslaan. Mulaudzi sê enigiemand wat inligting oor die bewerings het, moet na vore kom.

Twaalf mense is reeds weens die moorde in hegtenis geneem. Aanklagte teen twee, 'n pa en seun, is egter laat vaar.

Intussen sal die drie boere, wat gister weens die moorde in hegtenis geneem is, môre in die Parys-landdroshof verskyn waar hulle formeel aangekla sal word. Hulle sal dan Vrydag, saam met die sewe ander verdagtes, weer verskyn.
25 May 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes