Operasie Hlasela-verslag: OB gekritiseer oor gesloer met ondersoek

--:--
Bevestiging van die kantoor van die Openbare Beskermer (OB), Thuli Madonsela, dat die omstrede Operasie Hlasela-verslag vandag bekend gemaak gaan word, het kritiek oor die duur van die ondersoek uitgelok.

DA-LPW Roy Jankielsohn sê die ondersoek het lank gesloer in vergelyking met ander hoë-profiel politieke ondersoeke.

Die DA en Cope in die Vrystaat het in 2009 gesamentlik ’n saak by die OB aanhangig gemaak waarin sy gevra is om ondersoek in te stel na die werksaamhede van Operasie Hlasela. Dié projek is as ’n diensleweringsmeganisme aangewend, met ’n vrywillige fonds waartoe skenkings gemaak kon word.

Jankielsohn het egter Madonsela se aankondiging dat die verslag vandag uitgereik sal word, verwelkom.

Madonsela sal drie ondersoekverslae vandag uitreik wat fokus op die klagtes aangaande ’n geval van die beweerde mislukking van die skeiding van die staat en ’n politieke party.

Operasie Hlasela is deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule, gedryf. Hy het destyds gesê het dat die veldtog gebruik sal word om armoede in die Vrystaat te verlig.
4 May 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes