Eerste "ZumaMustFall"-optog in die Vrystaat

--:--
Honderde mense het vandag na die kantore van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, opgeruk om president Jacob Zuma se bedanking te eis.

Politieke partye, insluitend die EFF, SAKP en Cope onder meer het deelgeneem.

Die optog het in Dr. Belcherweg in Batho begin, en het deur die stad tot by die Oliver Tambo-gebou beweeg, waar ’n griefskrif aan Magashule oorhandig is. Die groep het ook verby ‘n ANC-byeenkoms in Hoffmanplein beweeg.

Volgens OFM-nuus se Mark Steenbok verwag die groep binne 21 dae antwoorde op die griefskrif.
29 Apr 2016 9AM English South Africa News · Business

Other recent episodes