Parys-moorde: Twee verdagtes borg toegestaan

--:--
Al sewe verdagtes wat van die moord op twee vermeende plaasaanvallers by Parys in die Vrystaat aangekla word, sal volgende maand saam in die plaaslike landdroshof verskyn.

Dit nadat Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen gister op borgtog van R20 000 elk vrygelaat is. Borgtog is egter geweier aan Gert "Boeta" van der Westhuzen, wat weer in hegetenis geneem is nadat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.

Volgens Valke-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê die drie staan saam met Johan Cilliers sr., sy seun Johan jr., Anton Loggerenberg en Henk Prinsloo tereg op die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat al sewe aangeklaagtes weer op 15 April in die hof sal verskyn.

Tjixa en Jubeba het na bewerin Boeta se pa, Loedie op sy plaas buite Parys aangeval.
15 Mar 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes