Aardklop: Die einde van 'n era
Loading player...
Die Aardklop Stigting het 'n doelstelling om die kunstedryf in Suid-Afrika te ondersteun en te bevorder. In die lig daarvan is die besluit geneem dat die Aardklop Nasionale Kunstefees nie aangebied gaan word nie. Uitvoerende hoof van die fees, Andries Vrey, sê die besluit is deur die direksie geneem na navorsing daarop gedui het dat die kunste met die nodige hulpbronne en die stand van die bedryf bevorder kan word en hoër hoogtes kan bereik. Vrey sê dit is die einde van 'n era, maar nuwe inisiatiewe kan 'n meer dinamiese bydrae lewer.
Mense van oor die land heen stroom sedert 1998 na Potchefstroom om die kunstefees by te woon. Vrey sê inligting sal binnekort verskaf word oor 'n nuwe model en 'n inisiatief wat vanjaar reeds in plek gestel gaan word.