Soektog na "gevaarlike" ontsnaptes duur voort

--:--
‘n Uitgebreide soektog na vier ontsnaptes, wat die polisie as gevaarlik beskryf, is nog onderweg in Noordwes.

Dit volg nadat die vier verhoorafwagtende mans gister op pad na die landdroshof in Brits uit die polisievangwa ontsnap het.

Gontse Lubisi, Gibson Msimango, Chris Sithole en Alfonso Mpofu het in die ry op die N4-snelweg uit die polisievangwa gespring.

Sithole en Mpofu staan saam met twee ander tereg op vier aanklagte van verkragting, een van moord en een van roof.

Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die moontlikheid dat Lubisi en Msimango betrokke was by ‘n plaasaanval in Noordwses waartydens ‘n bejaarde egpaar vasgebind en gemartel is, vorm deel van die ondersoek.

[CutID: manhunt.mp3
Time: 25s
Title: manhunt
Out-cue: ]

Die polisie het mense gewaarsku om nie die ontsnaptes te konfronteer indien hulle bewaar word nie, maar eerder die polisie te in kennis te stel.
6 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes