Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende weersveranderinge die naweek met temperature wat aansienlik sal daal - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die weerdiens, vertel wat ons kan verwag.
Die eerste Graskop Erfenis Karnaval wat die naweek plaasvind, is gebore met die doel om vier plaaslike welwillendheidsorganisasies in hierdie toeristedorp, wat na kinders en diere omsien, by te staan.
Petronel Nieuwoudt van Care for Wild is benoem vir die 2025 Indianapolis-prys. Die toekenning word dikwels beskryf as die Nobelprys vir dierebewaring en gee erkenning aan hierdie bewaarders wêreldwyd se inspirerende werk en prestasies.
Kobus Esterhuizen en Marius Bruger Lourens beplan om Januarie 'n tog aan te pak en vanaf SA na Stuttgart in Duitsland te ry - met 'n 1989 Mercedes wat hulle dan aan die Mercedes museum daar gaan skenk. Garfield ry saam. Luister weer hier.
Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag is volledig uitverkoop. Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.