Rugby: Curriebeker-premiers-afdeling in volle swang

--:--
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord kon sit. In die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle het die besoekers aan die Kaap met 30-25 gewen. Die Pumas se eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Die kompetisie duur tot 21 September. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse het na afloop van diewedstryd gesê hulle is bly om die Griekwas weer te kon klop.
8 Jul 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Waarskuwing oor groot koue die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die SAWD, sê na 'n hittegolf is 'n kouefront op pad. In die suidelike en oostelike dele van die land word selfs sneeu verwag. Die beduidende koue…
19 Sep 8AM 1 min

DA sidder oor onvoltooide infrastruktuurprojekte

Die DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans…
19 Sep 8AM 1 min

Polisie soek na twee vermiste mans in Low's Creek

Die polisie in Mpumalanga is besig met 'n soek-en-red-operasie in Low's Creek buite Mbombela, na twee mans van Pienaar eergister as vermis aangemeld is. Volgens die polisie vermoed hulle die mans is op 'n uitstappie die berge in, en hulle is nie weer gesien nie. 'n Polisiehelikopter sal vandag in…
19 Sep 5AM 1 min

Care for Wild verwelkom eerste swartrenosterkalfie

Die eerste swartrenosterkalfie met ouers wat self wees gelaat is deur stroping, is 'n week gelede by Care for Wild in die Laeveld gebore. Dit is die 19de kalfie wat hier gebore word, maar die ander was almal witrenosters. Die Care for Wild-stigter, Petronel Nieuwoudt, sê dit is belangrik vir…
18 Sep 5AM 1 min

Hoë brandgevaar geld in Laeveld die naweek

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging waarsku inwoners en grondeienaars teen die maak van vure die naweek. André Scheepers van Lefpa sê die brandgevaarindeks sal baie hoog bly tot volgende week wanneer toestande behoort te verbeter. Rapporteer intussen alle brande aan Lefpa by 086-066-3473.
13 Sep 7AM 1 min