FP du Toit Transport 'doen alles' om hul bestuurders te beveilig

--:--
Die Walvisbaai Korridor-groep het Namibiese vragmotorbestuurders en vervoermaatskappye gewaarsku oor toenemende kapings op die N4 in Suid-Afrika, veral rondom Rustenburg en Mafikeng. Die pad vorm deel van die Trans-Kalahari-korridor. Beide vrag en die vragmotors word geteiken, en bestuurders word dikwels doodgeskiet of ernstig beseer. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gesels. Terblanche sê dat hulle alles in hul vermoë doen om hul vragmotorbestuurders veilig te hou.
9 May 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Savanna se aanleg vorder goed, op dreef vir Junie '25 sperdatum

Konstruksie van Savanna Beef Processors se abattoir vorder flink. Die aanleg is 25 kilometer Suid van Okahandja by die Teufelsbach-afrit aan die oostekant van die A1-snelweg geleë. Die voorkeurtender is deur die Nexus Group en Emcom Consulting Engineers ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by die voorsitter van die…
20 May 6AM 1 min

Desentralisasie: Swapo-regering het 'n strukturele probleem

Reaksie word ontvang op visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se aanmerkings dat migrasie van landelike na stedelike gebiede as een van Namibië se grootste uitdagings is. Daar word reeds jare lank ‘n beroep op die Swapo-regering gedoen om te desentraliseer en aansporings aan te bied vir maatskappye om in die gebiede bedrywighede…
20 May 6AM 1 min

Hof beslis Zuma kan nie in parlement dien nie

Die Konstitusionele Hof het beslis voormalige president en leier van die MK-party, Jacob Zuma, mag nie terugkeer na die parlement nie. Die hof het Zuma vroeër skuldig bevind aan minagting omdat hy 'n vorige hofbevel verontagsaam het. Regter Leona Theron sê in die uitspraak, al is daar in ag geneem…
20 May 6AM 1 min

Nosiviwe sal eie verdediging moet betaal

Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek verwerp dat die departement haar regskoste moet betaal. Sy word van korrupsie aangekla nadat sy na bewering 'n gunsloon van 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van 'n kontrakteur ontvang het terwyl sy…
20 May 5AM 1 min

Dienslewering word oorgesien deur politieke partye

Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met deurwinterede maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Volgens hom is een van die hoofprobleme wat aangespreek moet word is dienslewering deur die staat. Tjaronda het ook sy sentimente uitgespreek oor…
20 May 5AM 1 min