Meer werkers as gedink was in George-gebou wat ineengestort het

--:--
Die George-munisipaliteit sê ná noukeurige bestudering van die veiligheidsrekords, is vasgestel daar was 81 werkers op die toneel waar 'n gebou Maandag ingetuimel het, en nie 75 soos aanvanklik berig is nie. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê 37 mense is uit die puin gehaal, waarvan agt dood is terwyl 44 steeds vermis word.
9 May 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nosiviwe sal eie verdediging moet betaal

Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek verwerp dat die departement haar regskoste moet betaal. Sy word van korrupsie aangekla nadat sy na bewering 'n gunsloon van 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van 'n kontrakteur ontvang het terwyl sy…
20 May 5AM 1 min

Dienslewering word oorgesien deur politieke partye

Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met deurwinterede maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Volgens hom is een van die hoofprobleme wat aangespreek moet word is dienslewering deur die staat. Tjaronda het ook sy sentimente uitgespreek oor…
20 May 5AM 1 min

Volksmoord: Nog 'n datum vir herinneringsdag voorgestel

Die slagoffers van die volksmoord in Namibië is nie in ooreenstemming oor die datum wat as herinneringsdag moet dien nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag waarop konsentrasiekampe ontbind is in 1908, terwyl die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua 2 Oktober verkies. Dit is die dag waarop die uitroeiingsbevel deur Lothar…
20 May 4AM 1 min

Rassie het meer gedoen vir transformasie as ANC in 30 jaar

Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie voortdurende onder druk van die regering is om sekere transformasie-teikens te behaal. 'n Omvattende oudit van 206-bladsye wat Saru saamgestel het, lui die Springbokke en ander spanne in die land het nie hulle transformasieteikens verlede jaar…
20 May 4AM 1 min

Media: Nuuskamers bestee geld op dekking van politiek, nie omgewing nie

Die Network of African Journalists wat spesialiseer in volhoubare ontwikkeling en klimaatsverandering sê ‘n peiling toon dat 74,7 persent van joernaliste het hulle rug gedraai op beriggewing oor omgewingskwessies as gevolg van ‘n tekort aan finansiering. Meer as 150 joernaliste het aan die peiling deelgeneem. Die waarnemende sekretaris-generaal van die…
20 May 3AM 1 min