Begrotingstekort-projeksie verlaag na 3,2%

--:--
Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en 'n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as 'n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP in 2024/25 te bly. Die sterk groei is weens verhoogde aktiwiteite in die natuurlike hulpbronsektor, insluitend die impak van petroleumeksplorasie op ekonomiese aktiwiteite en die oplewing in uraanproduksie na prysstygings. Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, deel sy gedagtes oor die eerste kwartaal van 2024.
26 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Babastortings of aborsie - dis gekompliseerd

Die gereelde babastortings in die land bly in die nuus. Die vraag wat gevra word is wat die oplossing is hiervoor. Party mense sê toegang tot aborsie sal help, terwyl ander sê die antwoord lê in beter opvoeding vir tieners en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht,…
9 May 5AM 1 min

Oorsprong van bek-en-klouseer in Oos-Kaap ondersoek

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê ondersoek word ingestel om die oorsprong van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap te vind. Die virus is op twee melkplase in Humansdorp geïdentifiseer. Dit bring die totale bek-en-klouseer-gevalle in Suid-Afrika op 167 te staan. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle…
9 May 5AM 1 min

BoN goewerneur, sakeman met N$1 miljoen beboet

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab, asook Ismael Gei-khoibeb en Gamma Investments, met 1 miljoen Namibiese dollar beboet weens die implementering van 'n samesmelting sonder goedkeuring. Dit is in terme van 'n skikkingsooreenkoms tussen die partye. Die partye het in 'n kommissie-ondersoek erken dat…
9 May 4AM 1 min

Nooddienste sukkel met strukturele uitdagings by George-gebou

Noodreddingspanne staar strukturele struikelblokke in die gesig in hulle reddingsoperasie, ná die ineenstoring van 'n gebou onder konstruksie in George. Die Universiteit Stellenbosch se hoof van Struktuur- en Brand-ingenieurswese, Richard Walls, sê hulle moet meer as drie-duisend-ton beton verwyder om vasgekeerde oorlewendes te bereik óf om slagoffers se liggame te…
9 May 4AM 1 min

Vaar op soos Christus: Pastoor Philander

Hemelvaartdag word vandag herdenk om Jesus Christus se hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Hemelvaartdag merk die einde van die Paasseisoen en vind tien dae voor Pinkster plaas. Plaaslike pastoor Brian…
9 May 2AM 1 min