Land se eerste PET-plastiekherwinningsaanleg bring voordele

--:--
Die inwyding van Namibië se eerste poliëtileentereftalaat plastiekherwinningsaanleg, is 'n gesamentlike poging tussen Namibia Polymer Recyclers en Coca-Cola Beverages Africa in Namibië. Die PET Flake Plant in Okahandja verteenwoordig nie net 'n prysenswaardige belegging in die land se omgewingsvolhoubaarheid nie, maar ook 'n besliste stap in die rigting van die verwesenliking van die visie van 'n sirkulêre ekonomie. Hierdie inisiatief, gerugsteun deur 'n belegging van 24 miljoen Namibiese dollar, versterk die verbintenis van The Coca-Cola Company en sy vennote om die regering te help met sy agenda om 'n Namibië en 'n wêreld sonder vermorsing te skep. Tshidi Ramogase, die groep direkteur van openbare sake, kommunikasie en volhoubaarheid by Coca-Cola Beverages Africa, het gepraat oor wat dit vir Namibië sal beteken.
26 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Babastortings of aborsie - dis gekompliseerd

Die gereelde babastortings in die land bly in die nuus. Die vraag wat gevra word is wat die oplossing is hiervoor. Party mense sê toegang tot aborsie sal help, terwyl ander sê die antwoord lê in beter opvoeding vir tieners en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht,…
9 May 5AM 1 min

Oorsprong van bek-en-klouseer in Oos-Kaap ondersoek

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê ondersoek word ingestel om die oorsprong van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap te vind. Die virus is op twee melkplase in Humansdorp geïdentifiseer. Dit bring die totale bek-en-klouseer-gevalle in Suid-Afrika op 167 te staan. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle…
9 May 5AM 1 min

BoN goewerneur, sakeman met N$1 miljoen beboet

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab, asook Ismael Gei-khoibeb en Gamma Investments, met 1 miljoen Namibiese dollar beboet weens die implementering van 'n samesmelting sonder goedkeuring. Dit is in terme van 'n skikkingsooreenkoms tussen die partye. Die partye het in 'n kommissie-ondersoek erken dat…
9 May 4AM 1 min

Nooddienste sukkel met strukturele uitdagings by George-gebou

Noodreddingspanne staar strukturele struikelblokke in die gesig in hulle reddingsoperasie, ná die ineenstoring van 'n gebou onder konstruksie in George. Die Universiteit Stellenbosch se hoof van Struktuur- en Brand-ingenieurswese, Richard Walls, sê hulle moet meer as drie-duisend-ton beton verwyder om vasgekeerde oorlewendes te bereik óf om slagoffers se liggame te…
9 May 4AM 1 min

Vaar op soos Christus: Pastoor Philander

Hemelvaartdag word vandag herdenk om Jesus Christus se hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Hemelvaartdag merk die einde van die Paasseisoen en vind tien dae voor Pinkster plaas. Plaaslike pastoor Brian…
9 May 2AM 1 min