Episode 4: Op reis met God

--:--
Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos en hy het so bietjie vertel oor sy nuwe boek, Vind God in die gewone. Ons maak ook ’n draai in Knysna by ds Enel Lamprecht wat vertel hoe jongmense besig is om die gesig van hulle gemeente te verander. En dan hoor ons van ’n ongelooflike dapper kankervegtertjie in die Strand wat duisende mense met haar getuienis geïnspireer het.
9 Mar Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 13: Hoe kan mens as gelowige weet vir wie om te stem?

Ds Arina Zandberg van Kimberley was skaars twee maande swanger toe sy en haar man Dirk die skoknuus kry dat sy Hodgkins-limfoon het. Dit is ’n kanker wat die limfklierstelsel aanval wat deel vorm van jou liggaam se immuunstelsel. Hulle eerste gedagte was dat hulle die baba gaan verloor, maar…
12 May 10 min

Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd

Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee…
5 May 26 min

Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste…
28 Apr 23 min

Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende…
21 Apr 23 min

Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra

Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry. Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se…
14 Apr 13 min