Ep. 3 - My naweek was nie genoeg nie (Fanie Kriel)

--:--
Fanie Kriel van die Paarl gesels oor hoe die mens smag na 'n reddingsboei in 'n see van prestase en ekstase. Ons kyk na wat ware rus is, hoekom mens dit nodig het en hoe jy dit kry. Hy verduidelik ook wat instase is en wat die effek daarvan sou wees indien ons dit kon regkry om dit meer deel van ons lewens te maak.
20 Feb Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 10 - Noah's Ark in Uganda: 'n Tuiste vir honderde kinders

In die middel 90's word 'n klein kindjie in Uganda in 'n swartsak langs die pad opgetel deur Peter en sy vrou, Pita van Nederland. Die kindjie word toe groot in hul woonstel in Kampala. In 1999 stig hulle 'n organisasie, Noah's Ark, wat na sulke kinders omsien. John en…
13 May 24 min

Ep. 9 - Is bloed dikker as water?

Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou. Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar…
12 May 22 min

Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes

Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond…
28 Apr 18 min

Ep. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missie

Aletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir…
22 Apr 23 min