Afrikaans

#Riva

9 episodes | GROOTfm 90.5 | Afrikaans Podcast, ±10 min episode every 5 weeks, 1 day
#Riva gesels heerlik oor alles en nog wat, speel vir jou cool musiek en boonop kyk ons daagliks na die “Tweet of E-pos van die dag!” Sy moedig jou aan om jou oulike tweets vir haar te stuur by @RivaDJ. Dan is daar ook “WAT???? RERIG?????” Wanneer ons na die vreemdste, eienaardigste en snaakste WARE nuus stories van die dag kyk. Dit laat ‘n mens net weer “normaal” voel. Daar is lekker onderhoude met kunstenaars en interessante mense . Dr Gustav Gous – ervare “Life Coach” gee weekliks raad oor die lewe en DIE Glam Guru, Hannon Bothma gee raad oor mooilyk! #Riva – Vir alles en nog wat!

Buite

29 episodes | GROOTfm 90.5 | Afrikaans Podcast, ±6 min episode every 4 days
Uitgesaai op Maandae-aande om 21:00 : ‘n Feitelike/wetenskaplike/inligtingsprogram oor die natuur, 4 x 4, kampeer, buitelewe, toerusting, tente, onderdele, voëls, diere, bewaring, sport, stap, klim, kwessies, ons parke, reservate, ‘n weeklikse fotografiepraatjie saam met Simon du Plessis, bestemmings, lodges, toere, S.A. en Afrika. BUITE handel oor “BUITE”! Dit bevat ook nuus oor klubs, skoue, gebeure, nuwe projekte, akkommodasie, die omgewing en aktiwiteite. Die gaste wat deelneem is juis daar agv hulle kennis en kundigheid. BUITE kan ook produkte en toerusting toets vir evaluasie, padtoetse van voertuie en verslae oor bestemmings en geriewe doen. Die aanbieder en samesteller is Kobus Rudolph.

DJ Opperman - 100 Jaar

12 episodes | US Woordfees | Afrikaans Event, ±11 min episode total time 2 hr 12 min
Die bekende digter, dramaturg en bloemleser Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 gebore in KwaZulu-Natal. Om sy honderdste geboortedag te vier, bied die Departement Afrikaans en Nederlands op Stellenbosch ’n spesiale aand aand aan in die Wilcocks-gebou op Stellenbosch se onderste saal, waar Opperman altyd klas gegee het. Die aand bestaan uit ’n interessante kaleidoskoop oor die mens Opperman, met twee van sy dogters en ’n hele reeks vooraanstaande skrywers en dosente of ouddosente wat staaltjies en belewenisse kom meedeel van hulle persoonlike ervaring met Opperman as pa, mentor en dosent. Met dank aan Stefan Els vir die keurige youtube-video en Jacques Ensink vir die pragtige foto's.