Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is ʼn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is ʼn geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. VivA se hoofbesigheid is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur: 1) die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang;
2) die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddele en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans; en
3) die lewering van praktiese Afrikaanse taaldienste deur middel van tegnologie.
VivA se stigterslede is: • Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK);
• Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV);
• Die Dagbreek Trust; en
• Noordwes-Universiteit (NWU).
South Africa
3 Podcast shows

VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
1 Mar 2023 95 episodes English Language Learning · Arts

VivA: Bekendstelling van Taalportaal en Taalonderrigportaal

Dr Theuns Eloff van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gesels oor die uitdagings wat Afrikaans in die gesig staar. Prof Gerhard van Huyssteen van die Noordwes-Universiteit stel VivA se grammatikawêreld vir Afrikaans bekend. Merlyn van der Rheede van die Afrikaanse Taalraad verduidelik waarom moedertaalonderrig steeds belangrik is, selfs in…
16 Jul 2020 1 episodes Afrikaans Education · Language Learning

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee…
26 Jul 2017 31 episodes English Language Learning · Education