GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.
South Africa
19 Podcast shows

DIE BYBEL - Gister & Vandag

In hierdie program gesels ons oor antieke tye, die geskiedenis en konteks van die Bybel en wat ons daaruit prakties kan leer vir ons lewens vandag. Ons deel feite met jou, 'n paar nuwe dinge wat jy nie geweet het nie en ons gesels elke keer oor spesifieke onderwerp. Die…
11 Mar 16 episodes Afrikaans Religion & Spirituality

Kommersiële Fokus

Gefokusde kliënte-onderhoude oor ons kliënte se produkte of diens. Dit is ‘n lekker informele gesprek wat nie net op die produkte of diens van die kliënt fokus nie, maar ook ’n informatiewe fokus geniet op die kliënt se industrie.
24 Oct 2022 4 episodes Afrikaans Non-Profit

Rondrits

Elke Saterdagoggend deel Tanya de Vente-Bijker reisnuus, handige reiswenke, en interessante reisstories in ‘n weeklikse reisnuus insetsel. Sy gee wenke soos hoe om lig te pak, binne jou begroting vakansie te hou, moet weet dinge vir ‘n vakansie met kinders en deel ook interessante vakansie-idees met die luisteraars.
27 Feb 2021 7 episodes English Entertainment News

Uit Die Boonste Ratte

Uit Die Boonste Ratte is 'n motorprogram wat nuwe en ou motors bespreek. Elke week gesels ons als oor wat in die bedryf aangaan asook die nuutste nuus oor motorsport.
24 Oct 2023 5 episodes English Careers

Kom Ons Praat Daaroor

“Kom Ons Praat Daaroor” is ‘n bekroonde geselsprogram wat bestaan ​​uit ‘n paneel van 4 uiteenlopende aanbieders wat oor relevante en vuurwarm onderwerpe gesels asof hulle by ‘n “braai” is. Hierdie program, wat Woensdae, Donderdae en Vrydae tussen 11 en 12 op lug, en op Woensdae ook op kykNET kanaal…
0 episodes English Comedy

Weeksdae Vibes saam met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars.
0 episodes English Music · Music Interviews