Kraal Uitgewers

SOUTH AFRICA | WEBSITE | FACEBOOK
Kraal Uitgewers is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en die tuiste van Afrikaanse niefiksie, Afrikanergeskiedenis én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het tydens die 100 jaar-herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999 ontstaan en aanvanklik gefokus op die publikasie van versamelaarsboeke oor dié oorlog.

Die uitgewer het intussen by die Solidariteit Beweging-kraal ingeskakel. Dit doen moeite om instellings in die Beweging te ondersteun met die uitgee van hoëgehaltepublikasies oor sake van belang vir die onderskeie organisasies; om ’n gebalanseerde weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis (in die besonder van Afrikanergeskiedenis) te bied; en om Afrikaans leesbaar, leefbaar en lieflik te maak met prettige, slim en unieke Afrikaanse produkte.

Geskiedenispublikasies sowel as boeke oor aktuele onderwerpe, soos plaasmoorde en regstellende aksie, vorm die kern van Kraal se eie publikasies. Die uitgewer bemark ook ’n wye reeks boeke én produkte namens ander kleiner uitgewers of selfpubliseerders. Bordspeletjies, kalenders, koffiebekers én T-hemde vorm reeds deel van die produkte wat deur Kraal Uitgewers en ander instellings of individue ontwikkel word. Dit alles dra by om ’n liefde vir Afrikaans te kweek en dit te laat floreer.

Boekvoorlesing: Die pad na selfbestuur

23 EPISODES |  Series, ±16 min episode total time 6 hr 15 min
Die pad na selfbestuur: anderkant die mislukking van staatsbestuur ondersoek die krisis waarin die Afrikanergemeenskap homself bevind sowel as voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Dit bied ’n padkaart na die enigste beskikbare én werkbare oplossing – groter selfbestuur – met planne om uitvoering daaraan te gee.

Besoek hierdie kanaal elke Donderdag tussen 22 April en 23 September 2021 vir 23 weeklikse voorlesing uit Die pad na selfbestuur.

Bestel nou jou kopie van die boek by https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/die-pad-na-selfbestuur-anderkant-die-mislukking-van-staatsbestuur/ en gebruik die kode ‘Selfbestuur’ om R100 te spaar! (Slegs terwyl voorraad hou)