rrRADIO

SOUTH AFRICA | WEBSITE | FACEBOOK | TWITTER | Broadcast schedule
rrRADIO is die amptelike podsendingkanaal vir rooi rose, die klassieke, alles-in-een glanstydskrif vir die moderne Afrikaanse vrou. Nou kan jy die oorspronklike, Afrikaanse inhoud waarvoor rooi rose bekend is, in oudio-formaat geniet. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Hoe gaan dit met jou?

3 EPISODES |  Podcast, ±15 min episode every 23 hours
In hierdie mini-reeks, spesiaal geskep vir die inperkingstydperk gedurende die Covid-19 pandemie, gesels Ilse Salzwedel met mense oor hoe hulle die isolasie ervaar, en wat hulle doen om hulself en hul families besig en gelukkig te hou by die huis. E-pos rrradio@caxton,co,za vir meer inligting.

Tussen Ons

49 EPISODES |  Podcast, ±24 min episode every 6 days
In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ‘n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref. Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans? Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Ka-tjieng!

17 EPISODES |  Podcast, ±25 min episode every 1 week, 3 days
Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Lam in Wolfsklere

8 EPISODES |  Podcast, ±16 min episode every 5 days
In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons voor aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Vir meer inligting besoek www.rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Botox, Barbies & Bietse

22 EPISODES |  Series, ±18 min episode total time 6 hr 44 min
In dié vervolgverhaal stel Elize Cawood jou voor aan Liesl Burger, 'n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met 'n vintage Barbie uit haar lewe botox. Lag saam het haar. Huil so bietjie... en herontdek jou vrouwees. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za
AFRIKAANS  EXPLICIT Read by Vervaardig deur: Hannelie Diedericks, geredigeer deur: Ilse Salzwedel. Musiek deur: Kevin MacLeod & Mart-Marie Snyman Fiction · Comedy Fictionrooirose.co.za

Tee & Taai Toffies

29 EPISODES |  Podcast, ±41 min episode every 1 week, 3 days
Bekendes gesels openhartig met Ilse Salzwedel oor hul doen en late. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul probleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel self! Ons waarborg 'n luisterervaring vol deernis en humor. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Ons diere & hul giere

4 EPISODES |  Podcast, ±22 min episode every 1 week, 2 days
Troeteldiere speel 'n belangrike rol in ons lewens, maar soms laat hul probleme en giere ons kopkrap. Ilse Salzwedel gesels met veeartse en kenners oor ons viervoet (en geveerde) kinders. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

Dans met die rooi rok

23 EPISODES |  Series, ±23 min episode total time 8 hr 51 min
In dié spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ...
AFRIKAANS  EXPLICIT Read by Vervaardig deur: Hannelie Diedericks, geredigeer deur: Ilse Salzwedel. Musiek deur: Mart-Marie Snyman. Fiction · Drama

8 channels