Fiks vir die lewe 14 Februarie 2021

‘n Mens lees amper daagliks daarvan in koerante of sien dit op televisie: mense wat in die pandemie-tydperk sterf, en die pynlike reaksie van hulle geliefdes daarop. In baie gevalle kom die dood onverwags. Maar of dit nou in hierdie tyd van die pandemie is of in enige ander tyd - die dood van ‘n geliefde bly moeilik om te verwerk. Hoe doen ‘n mens dit?