Dra asb jou masker - Biden

Die Amerikaanse President Joe Biden het talle uitvoerende bevele onderteken om die Covid-19 pandemie te bekamp. Dit sluit in die toetsing en toediening van entstowwe, die bevordering van 'n regverdige reaksie en die veilige heropening van skole en sakeondernemings. Byna 24,5 miljoen mense in Amerika het die virus opgedoen en meer as 420 000 is daaraan dood. Biden sê sy plan om in sy eerste 100 dae in die amp 100 miljoen inentings te laat doen, is een van die grootste operasionele uitdagings wat Amerika nog ooit aangepak het: