Regeringsbeleid, Covid-19 en rommelstatus kniehalter ekonomiese herstel

In vandeesweek se aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, die kredietgradeerders se besluit om die plaaslike regering se skuld nog dieper in rommelstatus af te gradeer. Hy kyk ook na Sakeliga se jongste verslag wat ʼn oorsig oor die ekonomie gee, en gee ʼn blik op die Netcare-groep se handelsoorsig.