#2  KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 2

In haar tronksel, waar sy wag dat sy verhoor word op 'n aanklag van moord, herleef Katryn die liefde vir haar man, haar kinders en hulle eie plaas. Sy onthou hoe sy ontdek het dat sy die Namas se nuwe opprater is, wat sterwende kinders weer lewendig kan maak.