Rondrits 7 November 2020

Die reeks Emily in Paris is tans baie gewild. Alhoewel dit so gewild is by kykers, is die Franse baie verontwaardig oor die stereotipering en wat hulle beskou as onwaarhede in die storie. Nietemin, die tonele in die reeks voer jou weg na ‘n land wat jy nie nou kan besoek nie. In hierdie episode reis Tanya na die stad van liefde. Sy kuier in die strate van Parys en drink ʼn glas wyn langs die seine rivier.