President Geingob antwoord nie verslaggewer se vraag nie

President Hage Geingob het by die Covid-19 perskonferensie onderneem om 'n vraag van Jemima Beukes, verslaggewer van die dagblad Namibian Sun, te beantwoord na afloop van die Covid-vrae. Beukes wou weet of Geingob wel om verskoning sou vra vir aanmerkings wat hy oor wit Namibiese kiesers gemaak het. Toe die media hulle vrae ingevolge die Covid-maatreëls en pandemie voltooi het, het Geingob onmiddellik die perskonferensie beëindig en die vertrek verlaat. Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.