President Hage Geingob maak nuwe Covid-19 maatreëls bekend

President Hage Geingob het vroeër vanmiddag die 19de Covid-19 inligtingsessie aangebied oor Namibiese nasionale reaksiemaatreëls. Die nuwe maatreëls tree vanaf môre in werking en loop middernag op 30 November ten einde. President Geingob sê mense wat die land binnekom met 'n Covid-19 toetsuitslag wat minder as 72 uur oud is, kan normale reise in Namibië voortsit sonder kwarantyn.