Olieprys styg weer

Die internasionale ru-olieprys het oornag verder gestyg en verhandel op die oomblik teen net meer as 43 Amerikaanse doller per vat.Die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande, oftewel Opul, monitor volgens Chris Bredenhann, ‘n Olie en Gas-Vennoot van Deloitte in Bahrein in die Midde-Ooste die situasie noukeurig in die lig van die Covid-19 pandemie..