Fopnuus oor mensehandel kom ook plaaslik voor

Terwyl daar berigte is oor fopnuus wat in Suid-Afrika versprei word oor mensehandel, veral met kinders, wil dit voorkom asof dit ook in Namibië ‘n uitdaging is. Daar is gerugte oor ‘n poging voor ‘n skool in die hoofstad waar ‘n kind na bewering amper ontvoer is. Daar word beweer dat twee mans die kind uit sy stoel in die motor wou gryp. Kosmos 94.1 Nuus het met die Hoof van die Namibiese polisie Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga gepraat.