Bewusmaking oor Alzheimer's vandag

Internasionale Alzheimerdag word vandag hier en internasionaal gevier. Op 21 September elke jaar sedert 2012 word die dag gevier om groter bewusmaking van die siekte te kweek. Die Namibiese Adjunk Minister van Gesondheid, Dr Esther Muinjangue het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die dag vanuit ‘n Namibiese perspektief...