Goewerneur praat oor gratis water

Volgens die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het die gratis water wat munisipaliteite aan inwoners verskaf het wie se rekenings agterstallig is, nie 'n noemenswaardige impak op hulle finansies gehad nie. Uerikua sê die munisipaliteite het wel betaling van die regering ontvang vir die water.