Covid-19 navorsingsproewe ook in Suid-Afrika

Die Universiteit Stellenbosch is deel van ʼn groot internasionale navorsingsproef wat een van die belowendste Covid-19-entstofkandidate toets wat tans beskikbaar is.Dié entstof is deur die Oxford-universiteit in Brittanje ontwikkel.Die studie word deur die Bill & Melinda Gates-stigting gefinansier. Dr Shaun Barnabas van Stellenbosch universiteit se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe staan aan die hoof van die Tygerberg-proefterrein in Kaapstad en het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat.