Brand by Berg-en-dal geblus

Die brand wat vanoggend by Berg-en-dal-kamp se restaurant in die Krugerwildtuin ontstaan het, is geblus.
Woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaala, sê dat dit in die kombuis begin het. Dele van die kombuis en eetkamer is beskadig.
Niemand is beseer nie.
Geen inligting is verder bekend oor wat dit veroorsaak het nie en dit word amptelik ondersoek.
Die winkel by Letaba-kamp het Woensdagaand ook in vlamme opgegaan.
Phaala sê hulle beskou beide tans as ‘n ongeluk.