RSG Landbou 14 September 2020

Mynboubedrywighede op landbougrond het al vir menige plaaseienaar 'n kopseer veroorsaak. RSG Landbou-medewerker, Koos du Pisanie, praat hieroor met 'n omgewingskonsultant. MJ Ernst van Bona Bona Game Breeders praat oor hulle Angus-stoet en veiling wat in Oktober plaasvind. En dr. Felix Reynders van die Landbounavorsingsraad vertel van sy onlangse verkiesing as voorsitter van die Global Framework on Water Scarcity in Agriculture.