RSG Landbou 12 September 2020

Wêreldbekende Suid-Afrikaanse wetenskaplike prof. Karin Jacobs werk by die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Wanneer jy haar ontmoet, besef jy sy wikkel met baie betekenisvolle eksperimente in die laboratorium van die lewe. Die pad vorentoe vir opvoeders lyk aansienlik anders weens die voorkoms van Covid-19. Sy gee raad en lewer insiggewende kommentaar op hierdie realiteite. Sy gee ook 'n blik op die landbounavorsing van die toekoms.