RSG Landbou 8 September 2020

Is Oumansoutbos 'n indringer, of het dit nut vir die veeboer? Dr. Aart-Jan Verschoor van die Landbounavorsingsraad beantwoord hierdie vraag. Ons gesels met Wessel Lemmer, wat op 1 Julie as hoofbestuurder by Agbiz Grain begin het. En advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie verduidelik wat die begrip, korttyd, behels. Hy verduidelik wat die regte van die werkgewer en werknemer in hierdie opsig is.