RSG Landbou 7 September 2020

Die meeste boere se naaste sakevennoot is Moeder Natuur, en dit plaas landbouversekering in 'n klas van sy eie. Andries Wiese van Hollard Insure verduidelik waarom die soort versekering so anders is. Ons kuier saam met Koos du Pisanie tussen Worcester en Robertson by kruieboer Lizette Klopper. En Hennie Maas praat met Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum oor die stand van die misdaad in Suid-Afrika.