RSG Landbou 5 September 2020

Volgens prof. Karin Jacobs is sy in 'n landbou-omgewing op haar gelukkigste. Sy's veral passievol oor grondgesondheid. Die afgelope 17 jaar is sy verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hoe om produsente se grond gesond te kry, interesseer haar veral. Sy verduidelik hoe haar werk en navorsing deur Covid-19 geraak is, en deel praktiese raad aan ander wat hulle ook in die onderwyssfeer bevind.